|
Piet & Anton Badenhorst |
|
|
Beste Hennie & Estelle
Namens Anton en myself wil ons net graag vir julle baie dankie sê vir julle gasvryheid tydens ons verblyf by julle in Hentiesbaai.
Ons sê dit met opregte dankbaarheid en hoop ons sal vorentoe vir julle ook iets kan doen.
Omtrent die toer wil ons net vir Hennie ook baie dankie sê dat hy so mooi na ons omgesien het en sommer vir alles wat ons saam met hom kon deurmaak. Ook 'n baie dankie aan Mariaan in die Kaap vir al haar geduld en hulpvaardigheid. Dit is lekker om saam met sulke professionele mense besigheid te doen en as vriende te kan hê.
Nogmaals baie dankie!
Byvoorbaat dank Piet en Anton Badenhorst
Volgens Anton was die ete wat Estele vir ons voorgesit het na ons by Henties terug was, soos kos wat in die Hemel voorberei is. Die afleiding wat ek daarvan moet maak is dat hy reken Estelle is 'n engel.
|
|
|
Conrad Geldenhuys |
|
|
Namens ons Upington groep wil ek net weereens vir almal van julle by Gamsberg Safaris bedank vir 'n ondervinding van 'n leeftyd!!! Ons is dit almal eens dat julle die beste in die bedryf is en dat julle te alle tye professioneel is. Verder nog is niks vir julle te veel moeite nie en sal ek dus enige iemand aanbeveel om van julle dienste gebruik te maak. Julle kan my maar dus as 'n verwysing gebruik vir enige iemand wat wil navraag doen oor julle toere!
Ons het almal nog net een laaste versoek en dit is dat, indien enige een van julle ooit in of deur Upington reis, julle by ons moet aankom.
Baie groete, Conrad Geldenhuys |
|
|
Charl De La Harpe |
|
|
Baie dankie Hennie, Mariaan,
Dit was 'n onvergeetlike en deur en deur die moeite werd ervaring met komplimente vir Hennie se Angolese en natuurervaring [en Portugees] en die 1001 dinge wat gereel moes word en seepglad gewerk het - hierby sluit ek ook die vooraf administrasie in. Komplimente ook vir die lekker etes en vir Riaan, AJ en Henk se bystand.
Charl De La Harpe 10/06/2006 |
|
|
Angola deur die oog van 'n vrou... |
|
|
|
Jy kom nie met ‘n briesie uit Angola nie, want dit wat ons beleef het, kan veel eerder met ‘n orkaan vergelyk word! Daar was soveel gewaarwordinge wat ons wou opraap en terug Suid-Afrika torpedo. Dis ‘n land wat jou omarm, vashou en dan as bonus ook nog wil koester en liefkoos. Of jy nou wil of nie, jy raak soos ‘n wafferse tiener verlief, jy kan net nie genoeg daarvan kry nie en voel skoon giggelend verspot wanneer jy die woord Angola lees of hoor! |
|
Read more...
|
|
|
Angola Vakansie |
|
|
|
Ons vakansie in Angola was eens 'n belewenis! baie, baie dankie vir die voorreg om Angola deur jou oë te kon sien. Ek het eers daar besef dat dit dwaas sou wees om so iets sonder 'n gids aan te pak. |
|
Read more...
|
|
|
|